28 dae Dieet Plan App
Koop jou kodeBuy your code

Die dagboek by die 28 Dae Eetplan The diary for the 28 Dae Eetplan

Die 28 Dae Eetplan is gratis.
Dis altyd gratis.

The 28 Dae Eetplan is free.
It always will be.

Hierdie app is die dagboek daarby: teken elke maaltyd af, hou jou water en stappe by, neem foto’s, en sien jou eie vordering week na week.

This app is the diary that goes with it: tick off every meal, track your water and steps, take photos, and watch your own progress week by week.

Begin vandag. Verander vir altyd. ♡Start today. Change for good. ♡

R199 vir ’n volle rondte van 28 dae — nie per maand nie, nie ’n intekening nie. Die eerste 3 dae wat jy die dagboek gebruik is gratis om te proe.

R199 for a full 28-day round — not per month, not a subscription. The first 3 days you use the diary are free, so you can try before you pay.

Die app se Vandag-skerm: dag 6 van 28, met ontbyt, middagete en aandete om af te tik.

Wat dit doenWhat it does

Elke dag se drie maaltye

Each day’s three meals

Uit die plan self — merk af soos jy eet. Ook die goedgekeurde plaasvervangers en die porsies.

From the plan itself — tick them off as you eat. Plus the approved substitutions and the portions.

’n Foto by elke maaltyd

A photo with every meal

As jy wil. Die foto’s bly op jou foon — hulle word nêrens opgelaai nie.

If you want one. The photos stay on your phone — they are not uploaded anywhere.

Water en stappe

Water and steps

Jou glase water vir die dag, en jou stappe wat jy self intik — met ’n foto van jou horlosie as bewys, as jy wil.

Your glasses of water for the day, and your steps, typed in by hand — with a photo of your watch as proof, if you like.

Weeg-en-meet

Weigh and measure

Op die plan se eie dae, met jou grafiek wat self groei — ook oor meer as een rondte heen.

On the plan’s own days, with your chart building itself — across more than one round, too.

’n Inkopielys vir elke week

A shopping list for every week

Met afvinkblokkies: wat oorbly ongetik, is presies wat jy nog moet koop.

With tick-boxes: whatever stays unticked is exactly what you still need to buy.

’n Kaartjie om te deel

A card you can share

Wanneer jou dag klaar is — vir die groep, of net vir jouself om te sien hoe ver jy is.

When your day is done — for the group, or just for yourself, to see how far you have come.

So lyk dit op jou foonThis is how it looks on your phone

Regte skerms uit die app — nie prentjies wat ons gemaak het nie.Real screens from the app — not mock-ups we drew.

Vandag-skerm met die dag se drie maaltye
VandagToday
Plan-skerm met die inkopielys en die 28 dae se etes
Plan & InkopielysPlan & shopping list
Vordering-skerm met kentekens en die gewiggrafiek
VorderingProgress

Hoe dit werkHow it works

  1. Jy betaal R199

    You pay R199

    Met jou kaart, Instant EFT of SnapScan — deur Payfast, wat die betaling hanteer. Ons sien nooit jou kaartnommer nie.

    By card, Instant EFT or SnapScan — through Payfast, who handle the payment. We never see your card number.

  2. Jou kode kom per e‑pos

    Your code arrives by email

    Binne sekondes, self om 3-uur in die nag. Kyk in jou gemorspos as jy hom nie sien nie.

    Within seconds, even at 3am. Check your junk mail if you don’t see it.

  3. Tik hom in en begin

    Type it in and start

    Open die app, tik die kode in, en jou volle rondte van 28 dae is oop. Voeg die app by jou tuisblad — dan werk hy soos enige ander app.

    Open the app, enter the code, and your full 28-day round is open. Add the app to your home screen — then it works like any other app.

Koop jou kodeBuy your code

Een kode = een volle rondte van 28 dae. Niks gaan weer af nie.One code = one full 28-day round. Nothing goes off again.

R199

vir ’n volle rondte van 28 daefor a full round of 28 days

  • Al 28 dae se maaltye, water, stappe en foto’sAll 28 days of meals, water, steps and photos
  • Weeg-en-meet met jou eie grafiekWeigh-and-measure with your own chart
  • Die inkopielys vir elke weekThe shopping list for every week
  • Nie ’n intekening nie — niks gaan weer af nieNot a subscription — nothing recurs

Hierheen stuur ons jou kode. Niks anders nie.This is where we send your code. Nothing else.

Net om seker te maak daar is geen tikfout nie.Just to make sure there is no typo.

Tik haar nommer hier in — dan kry sy haar R50 vir die hulp. Los dit leeg as jy self hier beland het.Type her number here — then she gets her R50 for the help. Leave it empty if you found us on your own.

Jy moet 18 of ouer wees om ’n kode te koop. Betaling loop deur Payfast — ons hanteer nooit jou kaartbesonderhede nie. Terugbetalings: net as die app nie werk nie (sien die voorwaardes). You must be 18 or older to buy a code. Payment runs through Payfast — we never handle your card details. Refunds: only if the app does not work (see the terms).

Koop ’n blok kodes vir jou groep (herverkopers)Buy a block of codes for your group (resellers)

Verkoop jy self? Koop 25 kodes op een slag teen R130 elk — R3 250, en verkoop hulle teen R199. Die 25 kodes kom in een e-pos, dadelik, en jy hou self boek.

Selling yourself? Buy 25 codes at once at R130 each — R3 250, and sell them at R199. The 25 codes arrive in one email, immediately, and you keep your own books.

Vul jou e-posadres hierbo in, dan neem hierdie knoppie jou na Payfast toe. Fill in your email address above, then this button takes you to Payfast.

Niks verlaat jou foon nieNothing leaves your phone

Geen rekening, geen wagwoord. Ons kan nie jou gewig, jou foto’s of jou naam sien nie — dit lê alles net op jou eie toestel.

No account, no password. We cannot see your weight, your photos or your name — it all stays on your own device.

Wat die app stoor

What the app stores

Niks by ons nie. Jou dagboek, jou foto’s en jou gewig lê op jou foon. Daar is geen bediener waar dit lê nie, en geen rekening om by aan te meld nie. Daarom vra die app jou gereeld om ’n kopie te stoor.

Nothing with us. Your diary, your photos and your weight live on your phone. There is no server holding them and no account to log into. That is why the app keeps asking you to save a copy.

Wat hierdie winkel stoor

What this shop keeps

Net wat ’n bestelling nodig het: jou e-posadres (daarheen gaan die kode), die bedrag, en die nommer van die persoon wat jou gestuur het, as jy een ingetik het. Payfast hou die betaling self. Geen koekies, geen advertensienetwerke, geen dophou. Lees die volle kennisgewing.

Only what an order needs: your email address (that is where the code goes), the amount, and the number of the person who sent you, if you typed one in. Payfast holds the payment itself. No cookies, no ad networks, no tracking. Read the full notice.

Vrae wat almal vraThe questions everyone asks

Is dit maandeliks?Is it monthly?

Nee — R199 is vir een volle rondte van 28 dae. Dis nie ’n intekening nie en daar is niks wat outomaties weer afgaan nie. As jy ’n tweede rondte wil doen, kry jy ’n nuwe kode.

No — R199 is for one full round of 28 days. It is not a subscription and nothing goes off again automatically. If you want to do a second round, you get a new code.

Maar die eetplan is gratis?But the eating plan is free?

Ja, en dit bly gratis — jy betaal nooit vir die plan nie. Wat jy koop is die dagboek: die aftikkery, die foto’s, die water en stappe, die weeg-en-meet en jou grafiek.

Yes, and it stays free — you never pay for the plan. What you buy is the diary: the ticking off, the photos, the water and steps, the weigh-and-measure and your chart.

Hoeveel gewig gaan ek verloor?How much weight will I lose?

Dit kan ons nie vir jou sê nie, en ons sal nie raai nie — dit hang van jou af. Wat die app doen is vir jou wys wat werklik gebeur, dag na dag, sodat jy nie hoef te wonder nie.

We cannot tell you that, and we will not guess — it depends on you. What the app does is show you what is actually happening, day after day, so you do not have to wonder.

Werk dit op iPhone / Android?Does it work on iPhone / Android?

Op beide. Dis nie in die app stores nie — jy open dit in jou blaaier en voeg dit by jou tuisblad, dan werk dit soos ’n gewone app. Die app wys jou self hoe, met die eerste ding wat jy sien.

On both. It is not in the app stores — you open it in your browser and add it to your home screen, then it works like an ordinary app. The app shows you how, with the first thing you see.

Hou dit my stappe outomaties by?Does it track my steps automatically?

Nee — jy tik jou stappe self in, en jy kan ’n foto van jou horlosie of jou stappe-app byvoeg as bewys. Ons adverteer nooit outomatiese stappe nie, want dit doen dit nie.

No — you type your steps in yourself, and you can add a photo of your watch or your step app as proof. We never advertise automatic steps, because it does not do that.

Sien julle my gewig en my foto’s?Can you see my weight and my photos?

Nee. Niks verlaat jou foon nie. Daar is geen rekening en geen bediener waar jou goed lê nie — as jy die app uitvee, is dit weg, ook vir ons. Daarom vra ons jou ook om gereeld ’n kopie te stoor.

No. Nothing leaves your phone. There is no account and no server where your things live — if you delete the app, it is gone, for us too. That is why we also ask you to save a copy regularly.

Ek het my foon verloor.I lost my phone.

Jou dagboek lê op die foon, en as daar geen kopie is nie kan ons dit ongelukkig nie terugkry nie — ons het dit nooit gehad nie. Die app vra jou daarom gereeld om ’n kopie te stoor. Stoor dit vandag, dan is jy gedek.

Your diary lives on the phone, and if there is no copy we unfortunately cannot get it back — we never had it. That is why the app keeps asking you to save a copy. Save it today and you are covered.

My kode het nie gekom nie.My code did not arrive.

Kyk eers in jou gemorspos. As hy binne ’n uur nog nie daar is nie, stuur vir ons ’n e-pos by 28daedieetapp@gmail.com met die e-posadres waarmee jy betaal het — ons stuur hom weer.

Check your junk mail first. If it is still not there within an hour, email us at 28daedieetapp@gmail.com with the email address you paid with — we will send it again.

Vertel jy vir mense van die app?Do you tell people about the app?

Jy kry R50 vir elke kode wat iemand koop omdat jy haar gestuur het. Jy betaal niks om te begin nie en jy hou geen voorraad nie — jy kry net jou eie nommer en jou eie skakel, en sy tik dit in wanneer sy koop. Uitbetalings een keer per maand, op die 5de.

You get R50 for every code someone buys because you sent her. You pay nothing to start and you hold no stock — you simply get your own number and your own link, and she types it in when she buys. Payouts once a month, on the 5th.

Vra vir jou eie nommerAsk for your own number